Thursday, 9 July 2015

As teenvoeter van die Oostewind

My pa stuur my vandag hierdie gediggie wat hy geskryf het as teenvoeter vir die warm, droë Oostewind wat veral Namakwalanders en Weskussers ken.  Daardie een wat 'n mens mos heel koorsig en befoeterd laat voel.

BLOMJAARVERLANGE
`n By zoem eentonig
om `n blom in die tuin
en my gedagtes kry koers
na Kruispad se duin,
waar wituintjie en gousblom
pronk teen mekaar;
ja, ou Namakwaland
is weer `n blomtuin vanjaar.

Die palet is gelaai
met kleure so mooi.
Daar’s hongerblom se pers,
gansogies geel,
kanniedood se rooi
en sporries wit en blou...
Van Rondekop tot Blankenberg
het Moeder Natuur
haar kunswerk oopgevou.

No comments:

Post a Comment